Skelm besteel beseerdes

’n Swartman wat hom voorgedoen het as ’n paramedikus, het twee beseerdes na ’n motor ongeluk, uit die voertuie getrek en hulle beroof van beursies en selfone.

’n Volkswagen Citi Golf en ’n Nissan Qashqai was in ’n kop aan kop botsing op die R24 tussen Rustenburg en Krugersdorp naby die Redrock-hoenderplaas in Wes-Transvaal waartydens die bestuurder van die Nissan op slag dood is.

Stanley Nathan (55) en Bernard Friedman (77), wat in die Golf was, het ernstige beserings opgedoen en moes in die hospitaal opgeneem word.

Friedman, ’n bejaarde prokureur van Johannesburg, is later oorlede vanweë die erge beserings wat hy opgedoen het.

Die vermeende dief kon tot hede nie opgespoor word nie, en familie moes kredietkaarte by die bankiers stop om vêrdere onttrekkings te voorkom.