Sigaret dief vasgetrek

Om byna ’n 1000 kartonne Stuyvesant-sigarette ter waarde van meer as R12 miljoen te kaap, was die taak van ’n verdagte wat later in hegtenis geneem is.

Die dief het glo ’n vragmotor van British American Tobacco naby Heidelberg aan die Oos-Rand gekaap deur gebruik te maak van ’n voertuig wat soos ’n polisievoertuig voorkom om die vragmotor te laat stop.

Die kaper het glo die bestuurder en sy twee kollegas in ’n nader voertuig ingedwing en die “polisiemotor” is langs die pad gelos.

Een van die kapers het die drie slagoffers in Midrand gaan afgelaai, waar hulle die saak by die polisie aangemeld het.

Die leë vragmotor is later deur die polisie opgespoor in Soweto, en het ook daarin geslaag om van die sigarette wat gesteel is, in Roodepoort op te spoor.

Die verdagte is toe ook daar deur die polisie van Roodepoort in hegtenis geneem, maar die res van die besending sigarette is nog nie opgespoor nie.