Seuntjie oorleef elf verdieping val

’n Jong seuntjie van 15 maande het oorleef toe hy uit ’n woonstel geval het van die 11 de verdieping in die Amerikaanse staat Minnesota.

Die val van Musa Dayib word as ’’n wonderwerk beskryf nadat hy deur die reling van sy ouers se woonstelbalkon geval het.

Hy het twee gebreekte arms en ’n breuk in sy rug opgedoen, en van die ribbebene is gebreek.

Hy het ook ’n geringe harsingskudding opgedoen.

Alhoewel sy toestand kritiek is, glo dokters dat hy die val sal oorleef alhoewel hy nog maande in die hospitaal sal bly om verskeie operasies te ondergaan.