SA seun klim Everest

In sy strewe om die hoogste pieke in die lewe te bereik het  ’n gr.9-leerder van die Pretoria Boys High School verlede maand letterlik hoë hoogtes bereik toe hy twee van die berg Everest se laer pieke geklim het.

Higgo van Biljon (15) glo hy is dalk die jongste Suid-Afrikaner wat al so hoog geklim het. Hy het die pieke Cho la Pass (5340m) en Kala Patthar (5554m) van Everest, waarvan die kruin 8848m bo seevlak is, aangedurf.

Volgens hom kan ‘n mens so-iets net in geloof doen. Hy het op die derde dag van sy avontuur uitgevind dat dit nie kinderspeletjies is om so ’n hoë berg te klim nie toe hy hoogtesiekte gekry het. Ses ander klimmers is tydens dié tog aan die siekte dood.

Higgo se pa, Bernard, het verlede jaar gesê het hy wil Everest aandurf, Higgo egter het sy pa afgeraai om dit te doen, maar ‘n week later het hy besluit om saam te gaan.

Om homself voor te berei moes hy ernstig oefen wat hardloop, trappe klim en ander oefeninge ingesluit het. Hy het nog nie vantevore berg geklim nie.

Op 11 April vanjaar het hy en sy pa begin klim. Hy was die jongste in die groep van 15. Die res was 30 jaar en ouer. Everest se ongenadige klimaat het Higgo se pa en ander siek gehad. Dit was tussen -10°C en -15°C en in die aande nog kouer.

Sy 15de verjaarsdag op 22 April het hy op Everest deurgebring. Hy sê dit was die beste verjaarsdag nog.

Higgo was ook daar toe ’n noodlottige smeeustorting in April die lewe van minstens 13 sjerpa-berggidse naby die basiskamp bokant die Khumbu-ysval geëis het. Drie word nog vermis en is vermoedelik ook dood.

Hy en sy pa het eers op 4 Mei teruggekeer. Om berg te klim loop in die gesin se bloed. Higgo se ouer broer, Louis (23), het saam met hul pa Kilimandjaro geklim toe hy 17 jaar oud was.