SA presteer in uithou perderit

Twee lede van die Suid-Afrikaanse span het tydens die Internasionale Uithou Perderit daarin geslaag om onder die top tien te eindig waar meer as 400 van die wêreld se bestes deelgeneem het.

Die twee ruiters het onderskeidelik vyfde en sesde geëindig op die uithou rit wat vanjaar in die Vrystaatse dorp Parys gehou is.

Mnr. Dawie Horn (36), ’n boer van Hoopstad, was sesde en ook die enigste Vrystater in die span.

Frieda van Zyl van Magaliesburg, wat vyfde was het haar meesterlik van haar taak gekwyt en het getoon dat ’n vrou te enige tyd met die bestes ter wereld kan meeding, en dan nog ’n wenners is daarby.

Die wenner is ’n ruiter uit Namibië wat ook jare se ervaring het in uithou perderitte.

Dawie en sy Arabierse perd Farat het elke jaar onder die toptien geëindig.

Die span van Namibië het vanjaar met die louere weggeloop as vanjaar se algehele wenner, Suid-Afrika is tweede en Botswana derde.