Rusbank toe haar bank

Cally Guasti en sy vriende het ’n huis saam bewoon in New York, en op ’n mooi dag besluit om by die heilsleer ’n ou bank te koop wat hulle in die huis kon gebruik.

Wat was hulle verbasing toe die ou bank wat vir R600 aangekoop is, al die tyd R420,000 in sy kussings bewaar het.

Die drie vriende kon hulle oë nie glo nie.

Die een koevert na die ander is tussen die kussings uitgehaal, elkeen met ’n stywe bedrag geld daarin.

Wat dié drie vriende uitsonderlike mense maak, is dat hulle besluit het om die geld aan die eienaar daarvan te gaan teruggee, want hulle het gevoel dit is nie hulle geld nie, en hulle gaan ongemaklik voel om dit te gebruik

In die soektog het hulle op ’n depositostrokie afgekom wat die naam Reese Werkhoven aandui, en moes toe uitvind dat die oorspronklike eienaar van die bank is.

Die dame is opgespoor en sy het vertel dat sy dit daar gebêre het vir die dag wat sy dit regtig nodig het.

Die drie vriende het na die 91-jarige dame se huis gery en haar geld aan haar terug te gee.

Sy het dit huilend aanvaar en verduidelik dat haar familie die bank aan die Heilsleër geskenk het sonder om te weet van die geld wat sy daarin vergeet het.