Rooihuiskraal spog met tweelinge

Die Laerskool Rooihuiskraal in Verwoerdburg het vanjaar weer rede om te spog met hulle tweelinge wat van graad RR tot graad 7 nie minder as 23 tel nie.

Die 46 leerlinge wat op die foto verskyn is almal verbonde aan die skool waar onderwysers dikwels klei trap om hulle uit te ken, want daar is nie minder as 8 identiese tweelinge nie.

“Ons word jaar ná jaar ge­seën met die wonderlike voorreg om talle tweelinge in ons skool by te kry,” het een onderwyseres en ’n departementshoof gesê.

Dit is nie net ’n trotse skool met al die tweelinge nie, maar die skool en sy onderwysers is gereeld in die kollig wanneer die skool vir ’n volgende skooljaar heropen en daar is weer ’n paar nuwe tweelinge wat opdaag.

Die betrokke departementshoof is self ook getroud met een van ’n identiese tweeling, en sê dit is heerlik en ’n voorreg om vir die tweelinge onderrig te gee en te sien hoe hulle ontwikkel.