Reinacht in ongeluk beseer

Reinacht Tiedt, een van die Waterkloof-vier, was blykbaar Dinsdag in ’n motorongeluk betrokke in Pretoria, en is daarna na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Dit is nie bekend hoe ernstig sy beserings is wat opgedoen is tydens die ongeluk nie, maar hy is per ambulans vervoer daarheen.

Tiedt is saam met Van Schalkwyk op parool vrygelaat.

Die ongeluk het blykbaar plaasgevind op die hoek van Rubenstein­rylaan en Conanstraat in Pretoria waar beide bestuurders van die twee motors behandel moes word.

Alhoewel Tiedt verskeie beserings opgedoen het, is hy dit nie van baie ernstige aard nie en sal na verwagting redelik gou ontslaan word.

Sy pa Chris het bevestig dat sy seun in ’n ongeluk betrokke was.

Dit is nie bekend hoe die ongeluk plaasgevind het nie.