Oupa neem afskeid van drenkelinge

Mnr. Fanie Adendorff het met hartseer gesien hoe sy seun Erik, en sy liefling kleindogter Limor (6) deur polisieduikers van Welkom, uit die diep water van die Kliprivier gehaal word.

In ’n onderhoud sê hy dit is ’n moeilike afskeid, want hulle het na aan mekaar geleef en dit is aaklig dat die pa en sy liefling kind saam moes verdrink.

Erik is sy enigste seun, en hy sê dit is nogtans ’n wonderwerk dat sy skoondogter en die kleine baba van nege maande lewendig uit die ongeluk kon kom.

Foto – Pa en dogter