Operasies wag na skietwonde

Mnr. Louis van Wyk (56) wat op sy hoewe verlede Saterdag deur terroriste aangeval en geskiet is, sal blykbaar meer as een operasie moet ondergaan.

Van Wyk het die dood ter nouernood ontkom op sy hoewe by Kareepoort naby Brits, toe aanvallers op hulle toegesak het, en sy seun toegetree het tot die geveg en een aanvaller doodgeskiet het.

Daarna het die ander aanvallers gevlug, maar mnr. Louis van Wyk het ’n koeëlwond opgedoen wat meebring dat operasies aan sy gesig gedoen moet word.

Ek was in die huis toe ek twee skote hoor klap en iemand hoor gil,” het die jongman later vertel.

Een van die terroriste het vier skote na die huis afgevuur, maar die jongman is nie seker of dit dieselfde een is wat hy neergevel het nie.

“My pa het ’n ligte wond in die maag opgedoen en hy is ook in die mond geskiet wat meer as een operasie sal beteken,” het hy gesê.

Foto – Egpaar Van Wyk