Oos-Randse nyweraars gaan dalk vlug

Die Oos-Randse metro get besluit om ondernemings wat meer as 700 KWh krag per maand gebruik, op ’n nuwe tarief aangeslaan gaan word wat beteken dat sulke instansies sowat 80% meer vir krag sal moet opdok.

Volgens die raad se voorlopige begroting wat eersdaags goedgekeur moet word, sal die skokke ondernemings en nyweraars dwing om uit die gebied te verskuif na streke waar meer realistiese tariewe van toepassing is.

Ingeligte bronne sê nyweraars sal so ’n drastiese verhoging nie kan absorbeer nie en dit kan lei tot ’n algehele uittog uit die Oos-Rand, en in talle gevalle sal dit lei tot ’n grootskaalse inperking op personeel.

Waarnemers het daarop gewys dat die onrealistiese aspek van die voorlopige begroting daarin gesetel is dat verbruikers wat tussen 600 en 700 KWh gebruik, ’n verhoging van 8% kan verwag, terwyl verbruikers wat oor die 700 KWh gebruik, betaal 80% meer.

Die onrealistiese begroting dui daarop dat die Metro die nyweraars wil melk om vir die arm inwoners van die streek te betaal, het een onderneming aan Die Vryburger gesê.

Intussen het Eskom aangekondig dat hulle besig is met beplande herstelwerk aan opwekkers wat sowat 2,500 MW tot sy totale opwek vermoë bydra, en daarom sal verbruikers spaarsamig moet wees om beurtkrag te vermy, het ’n woordvoerder gesê.