Oorgrens reservate help stropers

Alhoewel ’n tegniese komitee tans werk aan ’n plan om ’n groot bewaringsgebied te vestig tussen Mosambiek en Suid-Afrika in ’n poging om renosterstropers vas te vat, blyk dit juis die probleem te wees dat oorgrens reservate die stropers bevoordeel.

Dit is die siening van verskeie wildbewaarders en kenners wat tans die regering se planne met ’n arendsoog dophou.

Tans is die Krugerwildtuin onder grootskaalse stropery onderwerp weens die uitgestrekte gebied sonder om meer veiligheidsmaatreëls in te bou, word gesê.

Die tegniese komitee wil nou ’n gebied, bestaande uit dele in Mosambiekse staatsbesit en ander private eiendom, saamvoeg wat bekend sal staan as die Groter Lebombo-Bewaar Area, het ’n woordvoerder van SANParke, ene Ken Maggs bekend gemaak.

Die bewarea sal van die Massingirdam suidwaarts tot by Onder-Sabie strek.

Die area sal dus sowat 155 km lank wees en tussen 15 en 40 kom breed wees.

SANParke het nou begin om die beskadigde heining van Onder-Sabie af suidwaarts te herstel tot by Olifantsbrug wat .

Die heining wat ongeveer 80 km lank is, het ernstige skade opgedoen tydens die somermaande se swaar reëns.

Kenners wys daarop dat die bewarea nie stropers sal verhinder om voort te gaan met hulle uitwissing van renosters en olifante nie. Veel eerder moet die oorgrens situasie hersien word om beter beheer aan Suid-Afrika se kant te verseker.