Onervare soldate nou in DRK

Die bataljon onervare soldate wat vroeër vanjaar ’n veiligheidswag in Port St. Johns doodgeskiet het, is nou na die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) waar hulle diens sal verrig.

Hulle is ook deel van die Verenigde Nasies (VN) se brigade wat veronderstel is om deel van ’n vredesmag te vorm.

’n Swaard van vervolging hang egter oor die soldate wat ongevraagd betrokke geraak het by ’n kapings-drama wat toe reeds verby was.

Volgens brig. Marinda Mills, die polisie se kommunikasiehoof in die Oos-Kaap, sal die bataljon soldate se ontplooiing nie ’n vertraging veroorsaak met die verwagte hofsaak wat later gevoer gaan word nie.

Die klomp soldate se verklarings is geneem en hul wapens is ballisties getoets en daarna aan die Weermag terug besorg.

Volgens Mills word die dossier binne weke aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) oorhandig vir ’n beslissing oor vervolging.

Hulle word beskuldig daarvan dat hulle tydens ’n afgeloopte kaping, losgebrand op geldwag wat onder ’n voertuig weggekruip het vir die kapers. Die soldate het 37 skote afgevuur op die wag.

Die veiligheidskameras op die toneel toon hoe die soldate te voet by die voorval aankom, sowat 15 minute nadat die drama reeds verby was.

Kenners meen die soldate behoort eers voldoende opleiding te kry voor hulle na die geweld geteisterde DRK gestuur word.