Nuwe minister erg omstrede

Die nuwe minister van Polisie, Nkosinathi Nhleko, wat in 2013 ’n hewige uitval gehad het met Mildred Oliphant, die Minister van Arbeid, het blykbaar nou ’n negatiewe invloed wat nie verreken is nie.

Nkosinathi Nhleko was betrek by on­reëlmatige besteding van miljoene Rand en Oliphant het daarop gehamer dat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ’n behoorlike ondersoek instel nadat die Ongevalle Versekeringsfonds nie aan die Ouditeur-generaal (OG) kon verklaar van R155 miljoen wat bestee is nie.

Op daardie stadium was Nhleko direkteur-generaal van Arbeid, en ondergeskik aan die minister van Arbeid.

Hy was uit hoofde van sy pos, ook hoof van die fonds se geldsake en het konsultante teen miljoene Rand aangestel as deel van ’’n sogenaamde reg­ruk-projek.

Die onreëlmatighede was toe in ’n ernstige lig beskou.

Nhleko is aan die einde van verlede jaar na die Departement van die Staatsdiens en Administrasie oorgeplaas en ’n waarnemende direkteur-generaal het sy plek vol gestaan.

Nou is die man die nuwe Minister van Polisie.

Foto – Nkosinathi Nhleko