Nuusflitse – 29 Mei 2014

’n Swart mamba slang is in Sunnyside Pretoria gevind wat hom rustig in ’n boom op die sypaadjie tuis gemaak het. ’n Kenner meen die slang het saam met ’n voertuig in die stad beland, aangesien hulle in warmer gebiede voorkom.

 

Kurt Darren se optrede by die inhuldiging van pres. Jacob Zuma Saterdag in Pretoria het tot so ’n stortvloed kritiek gelei dat die sanger se gewildheid met sowat 60% gedaal het volgens opnames wat gemaak is in die sosiale media. Die ANC jeuglige het Kurt se optrede verdedig en gesteun.

 

Drie beamptes van die munisipaliteit in Kimberley is met vermoedelik gesteelde koper kabels in hul besit betrap, het ’n munisipale woordvoerder gesê. Hulle is deur die polisie betrap wat op patrollie was naby ’n skroothandelaar, en is in hegtenis geneem.

 

Al is lyfstraf in skole sedert 1996 onwettig, slaan onderwysers nog steeds leerlinge.  Volgens statistiek van die Menseregtekommissie is sowat twee miljoen klagtes net in 2012 daaroor aangemeld.