Nuusflitse – 28 Mei 2014

Die moordenaar Johannes de Jager is Dinsdagoggend drie lewenslange vonnisse vir verkragting en die moord op twee jong vrouens opgelê. Hy is einde April vanjaar skuldig bevind aan die moorde op Hiltina Alexander en Charmaine Maré.

 

Marthinus van Schalkwyk het Zuma bedank dat hy die afgelope vyf jaar as minister van toerisme in sy kabinet kon dien. Dit was ’n sonderlinge eer vir hom om die ANC in die kabinet en die parlement te dien en hy sê hy sal voortgaan om ’n aktiewe lid van die kommunisties gesinde party te bly.

 

’n Seldsame seël uit die tyd van die Kruisvaarders is in Jerusalem gevind tydens uitgrawings en die loodseël was glo sowat 800 jaar terug in gebruik, maar dié seël is versier met die beeld van St. Sabas wat 1,500 jaar gelede geleef het.

 

Die ANC lid, Andries Nel, het glo bietjie kollig by die beëdiging van ministers en adjunk-ministers gesteel en is toegejuig nadat hy sy hele eed in Afrikaans afgelê het. Hy is die nuwe adjunkminister van Samewerkende Regering en Tradisionele sake.

 

Die polisie in China se konflikgeteisterde Xinjiang-provinsie het beslag gelê op 1,8 ton materiaal waarmee bomme vervaardig word en vyf mense is in hegtenis geneem wat met die materiaal verbind word.

 

SANParke het ’n finale waarskuwing uitgereik aan die swart werknemer in die Krugerwildtuin wat verlede week uit sy voertuig geklim en skote in die lug geskiet het om ’n olifant uit die pad te verjaag, waaroor Die Vryburger volledig rapporteer het..