Nuusflitse – 27 Mei 2014

Brian Smith (71) van Noord-Transvaal is verlede Vrydag op ‘n plaas in Gravelotte-distrik deur ‘n buffel doodgeskop terwyl hy besig was om die diere te voer.

 

Drie mense is doodgeskiet en vier is gewond in ‘n skietvoorval by ‘n kroeg in New Brighton, Port Elizabeth. Die skieter het daarna in ’n motor gevlug terwyl die gewondes inderhaas na ’n hospitaal vervoer moes word.

 

’n Adult World-winkel, of te wel ’n soort bordeel, gaan glo in Pleinstraat, Kaapstad sy deure oopmaak, reg oorkant die parlementsgebou.

 

Nigerië se militêre bevelvoerder, Alex Badeh, sê hy weet waar die meer as 200 vermiste skooldogters, wat in April deur die terroriste Boko Haram ontvoer is, aangehou word. Hy sê dat hulle nie deur geweld bevry kan word nie, aangesien die kanse bestaan dat hulle in ’n kruisvuur kan beland.