Noodlanding laat asems ophou

Die dringende noodlanding van ’n passasiersvliegtuig van British Airways (BA) op die lughawe van Port Elizabeth het menige passasier en beheertoring personeel laat asem ophou.

Vlug BA623 vanaf Johannesburg na Port Elizabeth het menige passasier en bemanningslede bekommerd gelaat weens ’n tegniese probleem wat ontstaan het en ’n noodlanding gedoen moes word.

Op die lughawe van Port Elizabeth het dit gewemel van nooddiens personeel en brandweer beamptes.

Passasiers het rede tot kommer gehad toe die vlug in Johannesburg vertraag is, en met die lughawe se miernes in sig, het dit menige van die passasiers paniekerig gelaat.

Die vlieënier het aangedui dat daar volgens sy paneelbord, ’n probleem is met een van die vlek-klappe wat die reg funksioneer nie.

Die redery se woordvoerder het egter ontken dat dit ’n noodlanding was.