Nege keer met mes gesteek

Mnr. Pieter Labuschagne (45) ’n sakeman van Lydenburg moes nege messteke absorbeer toe hy in Burgersfort, Oos-Transvaal, deur vier swartes oorval is.

Hy het langs die pad stilgehou om seker te maak van die pad toe hy oorval is.

Hy en ’n vroulike kollega  was oppad na ’n woonhuis om herstelwerk te gaan doen toe die voorval plaasgevind het.

Labuschagne en die vrou is uit die bakkie geruk, met toue vasgebind is hy agter op die bakkie gegooi terwyl die vrou in naby geleë bosse verkrag is. Die aanvallers het sy beursie en selfoon gevat, en sy bankkaart se kode gevra.

Vir elke syfer wat hy moes gee, het hulle hom met ’n mes gesteek.

Geeneen van die skurke is al aangekeer nie.