Nege keer geskiet, elke keer mis

’n Wonderwerk het gebeur toe twee broers, Jan en Anton Breek, van Pretoria deur terroriste aangeval is en daar nege skote op hulle gevuur is sonder dat een koeël hulle getref het.

Beide werk by ’n motorhandelaar in die noorde van Pretoria.

Die skurke het vyf skote na Jan geskiet, almal mis. Daarna het hulle op Anton gevuur, en al vier die skote was mis.

Die twee terroriste, wat blykbaar geen opleiding gehad het in die hantering van ’n vuurwapen nie, het hulle by die motorhandelaar voorgedoen as klienete wat belangstel om ’n voertuig te koop.

Jan wou net begin om die dokumentasie gereed te kry omdat hulle beweer het dat hulle met kontant wou betaal, toe die twee skelms hul vuurwapens te voorskyn gehaal het. Die een het Jan met ’n “Shut up white bliksem” beveel om stil te bly en probeer om beide broers se hande en voete vas te bind met ’n nylontou.

Die een skurk het toe op die vlug geslaan met ’n Toyota 4×4-bakkie wat hy op die perseel gesteel het.

Jan het homself vinnig bevry en probeer om die perseel se hek toe te maak voor die tweede skurk met ’n Golf kon wegjaag wat hy wou steel.

Dit is toe dat die terroris op Jan begin skiet, en elke keer was dit mis.

Anton het sy broer se hulpgeroep gehoor, en het hom te hulp genael terwyl die terroris op hom begin vuur.

Intussen kon Jan daarin slaag om die hek toe te maak sodat die skelm nie met die Golf kon vlug nie.

Beide moes egter skuiling soek, en die boef het daarin geslaag om weg te ry met die Golf nadat hy die hek oopgemaak het.

Die polisie soek glo na die twee terroriste.