MTN is weer die slagoffer

Die derde geval van ’n rooftog op ’n MTN-selfoon onderneming in die Wes-Kaap is aangemeld nadat drie gewapende rowers die winkel ingebars het en wapens op personeel gerig het met die bevel om plat op die vloer te le.

Die MTN winkel in die Brackenfell Hipermark wat geleë is op die Ou Paarlpad, is van ’n groot klomp duur selfone beroof toe die drie vroeg oggend, kort nadat die winkel oopgemaak het, ingestorm het en die personeel beveel het om plat te val en nie te roer nie.

Terwyl een rower die personeel dophou, het twee ander na die voorraadstoor gegaan en eers al die personeel vasgebind, waarna hulle met ’n groot aantal selfone op die vlug geslaan het.

In die hele operasie het hulle sommer een van die besoekende klienete ook vasgebind en hom beveel om op die vloer te lê.

Sowat 15 rowers is in die afgelope maande in hegtenis geneem oor selfoon diefstal, en met die jongste geval is die vyfde in ’n ry binne enkele weke.

Kenners meen die nuwe tegnologie en duurder toerusting word ’n handige manier vir diewe om as straatsmouse hulle inkomste te verhoog.