Motoris kry 23 messteke

Twee swartes word deur die polisie gesoek nadat hulle ’n motoreienaar by Sasolburg 23 keer met ’n mes gesteek het.

Die slagoffer (46) was blykbaar by die Vaalpark-winkelsentrum toe twee swartes hom op die parkeerterrein genader het, en hom in sy eie voertuig ingedwing waarna hulle met hom weggery het op die pad na Parys.

Die slagoffer het by geleentheid die een kaper se aandag afgetrek en na die stuurwiel gegryp waarna hulle hom met messe getakel het.

Die een man het ’n medium-kleur gelaat, is ongeveer 1,7 meter lank en skraal gebou en het tanddraadjies, praat Afrikaans en het ’n tatoeëermerk aan sy linkerarm.

Die ander se gelaat is lig. Hy is 1,6 meter lank, skraal, met ’n kaalgeskeerde kop en sy boonste voortande ontbreek.

Enigeen met inligting oor die twee mans kan speurder ao. Leon de Klerk skakel by telefoon 016-974-6056.