Moordenaar eers na Sterkfontein

Die vermeende moordenaar, Kobus Groenewald (84), van Stilfontein wat tereg staan op aanklag van moord op sy vrou, is vir sielkundige waarneming na Sterkfontein hospitaal verwys voor hy weer op 30 Junie in die hof moet verskyn.

Sy borgtogaansoek wat intussen uitgestel is, is vir eers van die baan.

Die vermeende moordenaar, was gedurende die jare tussen 1950 en daarna in die tronk weens moord.

Groenewald het sy vrou, Dienkie (69), wat aan Alzheimer se siekte ly, blykbaar vroeër in Mei in hulle woonhuis in Stilfontein so erg met ’n mes aangerand dat sy kort daarna oorlede is.

Dienkie is verlede week in Klerksdorp begrawe.