Man oorleef terroriste aanval

Mnr. Gert van Dyk (30) van Cullinan moes ’n noodoperasie ondergaan nadat hy in die vroeë oggendure deur ’n glasdeur van sy nuut geboude huis geskiet is deur terroriste.

Hy is in die sy gewond, en tydens die noodoperasie moes sowat 35 cm van sy dunderm verwyder word omdat die koeël vier gate daarin veroorsaak het.

Van Dyk, sy vrou Andrea en hul vierjarige dogtertjie het net verlede week in die nuwe huis ingetrek.

Volgens sy suster het medici besluit om nie skrapnel wat naby sy een nier lê, te verwyder nie uit vrees dat hulle die orgaan kan beskadig.

Die oomblik toe hy geskiet is, het hy na sy vrou in hul kamer gehardloop. Die terroris het agter hom aangehardloop en nog ’n skoot op hom geskiet, wat gelukkig nie raak was nie.

Intussen het Van Dyk se broer en sy ma uit hul huis langsaan hulle woning, gestorm toe hulle die geweerskote hoor. Sy ma het geskree dat hulle die vuurwapens moet bring, wel wetende dat nie een van hulle ’n wapen besit nie.

Met ’n skoot wat blindelings na haar geskiet is, het die skurke gevlug nadat hulle ’n TV stel en selfone gebuit het.

Van Dyk verkeer steeds in die Kloof-hospitaal in Pretoria aan.

Geeneen is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.