Jeugliga lede skuld eetplek duisende

n Lid van die ANC-jeugliga, ene Themba Dlomo, weier glo om ’n restaurant rekening te betaal omdat hy glo die eienaar van die restaurant wil net sy onderneming bemark en die man se naam deur die modder sleep.

Hy het glo saam met ’n horde ander lede van die liga ’n groot makietie gehou by die betrokke restaurant in Durban, en nou sit hy met ’n rekening van nagenoeg R83,000.

Die restaurant eienaar, Chris Munsamy, van die Velvet Lounge-restaurant ihet later bekend gemaak dat ’n saak teen die jeugliga se lid gemaak word.

Dlomo het op navraag te kenne gegee dat ’n sogenaamde weldoener eintlik pa moet staan vir die rekening en dat hy probeer toesien dat die kwessie opgelos word.

Munsamy was nie by The Velvet Lounge toe navraag gedoen is nie.