Goldrich moet padgee

Die Goldrich maatskappy wat ’n perseel van die Blyvooruitzicht-myn aan die Verre Wes-Rand beset, moet onmiddellik die plek verlaat, het die hooggeregshof in Johannesburg beslis.

Die beslissing is ten gunste van die myn se likwidateurs.

Leigh Roering, die likwidateur, het later gesê dit is ’n verligting dat dié goudmyn ná maande weer in sy eie hande is.

Goldrich se mense mag nou nie meer by die myn se perseel opdaag nie en is verplig om daar weg te bly.

Roering sê die plek gaan nou reggeruk word en dan in die mark gesit word om te verkoop.

Roering en sy mede-likwidateurs moes noodgedwonge die hof nader om ’n hofbevel te kry om Goldrich, wat glo bande met Aurora Empowerment Systems het, van hulle perseel verwyder te kry.

Aurora is bekend daarvoor dat hulle die Grootvlei-myn aan die Oos-Rand tot op die grond geplunder.

Ngubane, ’n woordvoerder van Goldrich het gesê hulle is glo van plan om terug te keer want hulle het R11 miljoen vir die myn betaal maar Roering sê Blyvooruitzicht se koopprys was R70miljoen toe dit gelikwideer is.