DSTV se arrogansie

Gestremdes en koperspubliek van die Oos-Rand was uiters geskok en verontwaardig dat DSTV so arrogant en ongevoelig kan wees om op die parkeerplek van gestremdes hulle uitstalling en promosie te plaas.

Mnr. Johan Peyper wat self ’n gestremde is, was ontsteld toe hy sien DSTV het hulle tent waar hulle ’n promosie het, opgeslaan op die parkeerplek vir gestremdes.

Dit is glo die tweede keer dat DSTV op die terrein van die K90-winkelsentrum hulle tent opslaan in die parkeerruimte van die gestremdes.

Verbygangers en gestremdes het hulle verontwaardiging uitgespreek vir die gevoelloosheid wat die uitstaller openbaar.

Boodskappe wat deur internetgebruikers aan DSTV gestuur het, lewer skynbaar geen reaksie nie, en navrae in die verband is glo onbeantwoord gelaat.

Slegs een het kommentaar gelewer en gesê sy sal probeer uitvind wat gebeur het.

Dit is nie die eerste klagte wat onder Die Vryburger se aandag gekom het nie. Verskeie kliënte van DSTV beweer dat hulle ’n soortgelyke arrogansie ervaar wanneer hulle navrae rig tot die maatskappy oor dienste wat nie gelewer word nie.

Een kliënt se hy het ’n adresverandering aangemeld, en na drie maande wwartydens hy elke maan die versoek herhaal het om die adres te verander, het hy nog steeds nie die maandelikse program tydskrif ontvang nie. Toe hy hulle sterk aanspreek oor die swak diens, het hulle die foon in sy oor neergesit en na ses maande het hy nog steeds nie die tydskrif ontvang waarvoor hy betaal het nie.