Boer vir dood agter gelaat

Mnr. Stef Schoeman, ’n bekende boer van Middelburg in die Oos-Kaap, is gistermiddag deur sy eie swart werker, wat baie jare in sy diens was, aangeval met die doel om hom te vermoor.

Die swarte het met lafhartigheid, die boer van agter genader en hom met ’n graaf oor die kop geslaan en hom vir toe vir dood in die skuur gelos.

Hy het daarna die skuur se deur gesluit en met die kontant wat hy gesteel het, dorp toe gevlug.

Ons spesiale korrespondent in Middelburg berig dat mnr. Schoeman in ’n uiters bedenklike toestand opgeneem is in ’n hospitaal in Port Elizabeth.