In Genève, Switserland is ’n diamant van 100 karaat van die hand gesit vir R168 miljoen aan ’n onbekende private koper.
Die diamant was glo die grootste uitblinker tussen al die ander blink klippies wat tydens die Juweel-verkoping van Genève aangebied was.
Tydens die spoggeleentheid wat deur Sotheby’s Afslaers gehou is, het die veiling ’n opbrengs van R1,4 miljard gelewer,
’n Rekordprys is vir ’n geel diamant van 100,09 karaat behaal toe dit vir sowat R130 miljoen van die hand gesit is.
Die geel diamant is deur ’n
Soos gewoonlik met sulke transaksies, is die breë publiek nie ingelig oor wie die koper is nie, weens veiligheidsredes.
Die geel diamant is aan die linkerkant op die foto.
Wie se diamant/e? Ons s’n? Nogal in Switserland, die kamtige neutrale land wie soldate voorsien om die Vatikaan op te pas.
Bring my by die diamant so groot soos ‘n skaapkop wat nog in die Wes-Transvaalse diamantvelde ontdek gaan word. Drie maal groter as die Cullinan diamant. Die vorm sal ook met die van ‘n skaapkop ooreenstem.