Beurtkrag is aan die kom.

Beurtkrag is aan die kom omdat die naderende winter klaar sy tol op Eskom geëis het.

In ‘n verklaring verlede week het dié elektrisiteitsverskaffer gewaarsku dat indien verbruikers nie elektriese toestelle afskakel wat nie gebruik word nie, gaan die groter druk hom noop om beurtkrag in werking te stel.

Eskom reken hy benodig vrywillige kragbesparing van minstens 10% om te voldoen aan die verhoogte aanvraag en om te verhoed dat kragtoevoer beurtelings bestuur word.

Die verklaring stel dit dat die kragstelsel is onder geweldige druk weens die onbeskikbaarheid van sommige opwekkingseenhede. Daarom doen hulle dringende beroep op verbruikers om elektriese toestelle wat nie gebruik word nie, soos warmwater-toestelle, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toestelle, af te skakel om krag te spaar.

Eskom sê ook daar is ‘n verhoogde aanvraag na elektrisiteit met die aanvang van die vroeë winter. Hoewel Eskom alles in sy vermoë doen om krag oral aangeskakel te hou, soek hulle hulp van die verbruikers om hul kragverbruik af te skaal.

Eskom sê indien beurtkrag in werking gestel word, sal hy hom laat lei deur die bestaande skedules soos dit op sy webtuiste gepubliseer is.