Bendegeweld ontwrig Suid-Afrika

Dit is nie net die Wes-Kaapse bruines wat met hulle bendegeweld die gebied op horings neem nie, want deesdae is Sentraal-Transvaal ewe swaar belas met rooftogte en plundering deur bendes, wat Johannesburg en die Wes-Rand in ’n misdaad mekka verander het.

Inwoners in gebiede soos Roodepoort, Krugersdorp, en Johannesburgse gebiede soos Linden en Honeydew is van die gevaarlikste plekke waar gewapende bendes niemand met rus laat nie.

Te midde van buurtwagte wat op die sosiale netwerke die inwoners waarsku teen bendes, word daar daagliks nuwe voorvalle aangemeld waar die bendes toeslaan en groot rooftogte uitvoer.

Die bendes maak gebruik van vinnige motors en motorfietse word ook ingespan om te vlug nadat ’n rooftog uitgevoer is.

Die polisie is nie in ’n vermoë om die gewelddadigheid te bekamp nie, en inwoners vrees vir hulle lewens en hulle eiendom.

Verskeie gevalle is glo aangemeld by polisiestasies waar bendes toegeslaan het, moorde begaan en huise beroof van kosbaarhede.

Sover bekend is daar in Johannesburg bendes wat toegerus is met AK47 wapens, en nie huiwer om dit te gebruik in rooftogte nie.

Alhoewel meer as een bende bedrywig is, word vyf verdagtes gesoek wat gereelde rooftogte uitvoer in die Roodepoort en Krugersdorp omgewings.