ANC gaan hof toe met OB

Die ANC regering gaan die Openbare Beskermer (OB) se verslag, soos deur adv. Thuli Madonsela opgestel is, se geldigheid in die hof betwis.

’n Regeringswoordvoerder het die opspraakwekkende uitspraak gemaak nadat die Nkandla-verslag wêreldwye opskudding veroorsaak het.

Die ministers sê die OB se verslag en die ondersoek het ingedruis teen die beginsel van skeiding van magte en gevolglik word art. 198 (d) van die Grondwet geskend, wat gesag oor nasionale veiligheid in die uitvoerende gesag en parlement vestig.

Drie ANC ministers, Nathi Mthethwa van Polisie, Jeff Radebe van Justisie en Thulas Nxesi van Openbare Werke voel gekrenk en gegrief oor die verslag.

Die drie ministers se regspanne is beveel om die nodige hofstukke voor te berei