Ai, die pres. Zuma tog

Die neef van pres. Jacob Zuma, het met die toedoen van die president, na bewering ’n fortuin losgeslaan van meer as R100 miljard nadat daar ooreenkomste aangegaan is tussen hom en die staatshoof van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK).

Blykbaar het pres. Zuma en pres. Joseph Kabila in 2010 ooreengekom dat twee olievelde aan Khulubuse Zuma toegeken word.

Na wat berig word het ’n persoonlikheid in die intelligensie-omgewing binnekring inligting oor die verhouding tussen die twee presidente, en word beweer dat Kabila gevoel het die olievelde moet tot voordeel van die RSA en die Zuma-familie aangewend word.

Die aanbod is egter nie deur Zuma aanvaar om die olievelde vir eie voordeel te gebruik nie, maar net daarna het  Khulubuse Zuma op die toneel verskyn.

Dit kon nie vasgestel word of pres. Zuma op indirekte wyse voordeel trek uit die olievelde nie.

Waarnemers meen die moontlikheid bestaan dat Zuma sy invloed uitgeoefen het om die besluit te finaliseer, soos wat hy klaarblyklik ook gedoen het met die R13 miljoen wat hy bekom het van ’n Amerikaanse belegger vir die goudmynbedryf, waarvan daar uiteindlik niks van gekom het nie.
Foto – Khulubuse Zuma