Afgryslike mynramp in Turkye

Daar is nie hoop om die mynwerkers wat deur ’n ondergrondse ontploffing en ’n brand vasgekeer is, te red nie.

Die ontploffing is veroorsaak toe ’n transformator onverwags ontplof het en daarna ’n brand veroorsaak het wat sowat 250 mynwerkers se dood veroorsaak het.

Die transformator het in die steenkoolmyn naby die dorp Soma in Turkye ontplof waar 450 van die 790 ondergrondse werkers, gered kon word.

Dit is nog nie duidelik presies wat veroorsaak het dat die transformator ontplof het nie, maar die ontploffing het plaasgevind tydens ’n wisseling van skofte.

Turkse mynwerkers dreig om te staak en voer aan dat die voorsorgmaatreëls nie behoorlik in plek is nie.

Vergiftiging deur ’n massa koolstofmonoksied wat ontstaan het, is die hoofoorsaak vir die meeste sterftes.

’n Noodwerker wat gehelp het om die myners te probeer red, meen hy het sowat 250 lyke gesien lê in die myn.

Die regering het intussen aangekondig dat ’n openbare routyd van drie dae in Turkye van krag is. 

Regeringswoordvoerders sê dit is die grootste mynramp in die geskiedenis van die land.