31 Mei 2014.

Die groot dag is om die draai en die verwagting is dat die Willie Maraissentrum gepak sal wees vir hierdie geskiedkundige gebeure wanneer die volk die eerste stap sal neem om die onreg van die afgelope 20 jaar aan te spreek.

Afgesien van die klagstaat wat aan die volk voorgelê gaan word, sal daar ook stalletjies wees waar o.a. boeke, juweliersware, water, en ander lekkernye te koop sal wees. Intussen is daar ‘n springkasteel vir die kleintjies en ’n tydlyn-kompetisie vir oud en jonk om aan deel te neem.

Die belangrikste is ook dat met hierdie funksie skop die fondinsamelingsveldtog af vir die VVK. Die doelwit is om R1 miljoen in te samel vir ‘n bewusmaking van die werksaamhede van die Boere-Afrikaner Volksraad en die verdere beplanning wat vir die res van die jaar in die vooruitsig gestel word.

Wildsvleis sal vir hierdie doel te koop aangebied word en bestellings kan geplaas word, sodat dit deurlopend gelewer kan word.

As ‘n volk kan ons gerus weer na die voordele van wildsvleis kyk. Per slot van rekening het ons voorgeslag gereeld "vir die pot" geskiet.

Die grootste voordeel van wildsvleis is die feit dat dit nie met antibiotika of hormone behandel is nie. Boonop wei die bokke nog in die vlaktes en word nie met Geneties Gemanipuleerde soja en mielies gevoer nie. En natuurlik is dit maer vleis. Die vleis is uitstekend verwerk deur ‘n Duitse slagter wat spesiaal deur die verskaffer na die land gebring is. Duitse worse en salami kan ook gekoop word. Dit bevat min vet en alles is van suiwer hoë graad wildsvleis gemaak.

Daar is ook kaartjies beskikbaar vir 2 wildkamp-naweke wat gewen kan word. Besonderhede sal ook in Die Vryburger bekend gemaak word.

Die volledige program vir 31 Mei is as volg:

 

Hekke open om 9:00.

 

11h15-11h20: Vlagseremonie.

3.    11h20-11h35: Skriflesing en gebed.

4.    11h35-11h45: Samesang.

5.    11h45-11h53: Voorstelling en bevestiging van Klaer en Voorsittende Beamptes.

6.    11h53-11h54: Stilte-minuut vir vermoordes.

7.    12h00: Verrigtinge begin.

1     14h30: Verrigtinge staan af vir Uitspraak en Tydlynkompetisie-prysuitdeling begin.

9.    15h30: Uitspraak.

H    Verrigtinge sluit af met die sing van die 4de vers van Die Stem van Suid-Afrika.