Zuma toe minder gewild

By ’n gala-ete, waar ANC ondersteuners hulle geldsakke geskud het om die ANC se verkiesingsfonds te versterk, het die teenwoordige gaste letterlik uitgehang om elkeen sy of haar bydrae te maak totdat sowat R5 miljoen bymekaar gemaak is.

Een van die gaste was bereid om ’n skildery van Mandela vir R175,000 te koop, en het selfs die skildery vir Zuma gegee as verjaarsdag geskenk.

Maar dit is die mooi deel van die aand.

Gaste is later aangepor om bydraes te maak, wat hulle dan die geleentheid sou gee om vir 15 minute by die president aan tafel te mag sit.

Afslaer Tirhani Mabunda was later uit sy diepte toe geeneen van die gaste bereid was om R200,000 te betaal vir ’n 15 minute-sitting saam met Zuma nie. Toe sak hy met die prys na R100,000 en nog is daar niemand wat belangstel nie. Dit word toe R50,000, en steeds sit almal stokstyf in hulle stoele, knip nie ’n oog nie, en roer nie!

Is daar enige iemand wat vir enige bedrag die geleentheid wil benut?

Niemand roer nie!

Zuma het met sy toespraak gesê ‘n stem vir die ANC is ‘n belegging in die toekoms.

Iemand het op die sosiale netwerk gevra of dit nie dalk stresvol vir die president was om so verwerp te word nie.