Zuma se onderwêreld vriende?

Berigte is ontvang dat die uiters omstrede Mark Lifman, ’n sakeman van die Wes-Kaap en ’n bekende in die donker onderwêreld, op 12 April by pres. Jacob Zuma se verjaarsdag geselligheid teenwoordig was.

Die foto wat deur Sunday Times gepubliseer is, is glo geneem tydens ’n byeenkoms by Vygieskraalstadion in die omgewing van Athlone in die Wes-Kaap.

Die foto vertoon Lifman in ’n ANC-hemp met Zuma se gesig daarop.

Lifman is glo ’n “sakevennoot” van ene Jerome Booysen, ’n vermeende bendeleier in die Kaap.

Lifman en ’n ander vennoot staan tans tereg op 156  aanklagte van bedrog en 155 aanklagte van oortreding van die Wet oor die Reguleringsowerheid van die Sekerheidsbedryf (Sira).

Die omstrede Fransman van die Wes-Kaap het egter gesê die ANC hou groot byeenkomste en die 5,000 wat by die geleentheid was is goed, maar Lifman was nie as BBP-gas genooi nie.