Wêreldoorlog-bom dood talle

Hulle het gemeen die bom is jare gelede skadeloos gestel, en het dit gaan verkoop as skrootmetaal, wat uiteindelik gelei het tot die dood van 7 mense en 19 is ernstig beseer.

Die bom wat 225 kg weeg, en vermoedelik in die Tweede Wêreldoorlog afgeskiet is en nie ontplof het nie, het toe sy slagoffers geëis toe dit deur werkers by die skrootwerf oopgesny is.

Die werkers by die skrootwerf in Thailand het aanvaar die bom is onskadelik en het ’n metaalsnyer gebruik om die swaar stuk metaal op te sny in kleiner dele.

Die Erawan-mediese sentrum het bevestig dat sewe mense in die ontploffing dood en talle beseer is.

Die ontploffing was so hewig dat dit ’n krater in die grond veroorsaak, en huise wat 500 meter weg, is ernstig beskadig deur die ontploffing.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Geallieerde Magte wraakaanvalle op Thailand, ’n bondgenoot van Japan, gedoen.