Word Coetzee aangekla van moord?

Mnr. Johannes Coetzee(25) van Pretoria wat glo ’n sluiper in die veld by woongebiede geskiet het gedurende Mei verlede jaar, moes nou weer in die streekhof verskyn.

Hy is destyds op borgtog van R5,000 vrygelaat nadat hy in hegtenis geneem is omdat hy die sluiper geskiet het wat Lene Praeg met ’n mes aangehou en haar beroof het.

Die swart sluiper het ook haar elektroniese toebehore gesteel, maar dit was juis dié toerusting wat sy bewegings verklap het en Coetzee hom maklik kon opspoor, nadat hy die polisie gekontak het, en hulle nie gereageer het nie.

Coetzee sê hy was onder die indruk dat die sluiper gewapen is, en dus gevaarlik kan wees, maar die polisie se houding het hom genoop om self op te tree. Hy het egter ’n verbygaande polisiebeampte gevra om saam met hom te gaan, waarna hulle saam na die sluiper is.

Coetzee het glo in die jaagtog agter die sluiper aan, vier waarskuwingskote gevuur.

Die saak word in Mei hervat.