Winkelsentrum deur rowers gestroop

’n Winkelsentrum van Witbank, in Oos-Transvaal het swaar deurgeloop toe ’n bende swaar gewapende rowers ’n reuse bedrag gebuit het en daarmee weggekom het.

’n Beloning van R1 miljoen word aangebied vir inligting wat verstrek kan word en wat sal lei tot die in hegtenisneming van die rowers.

Die vermoede bestaan dat die SBV Cash Centre beroof is nadat binne inligting die rowers bereik het.

Dit is nie seker hoeveel rowers betrokke was nie, maar dit blyk dat ’n hele bende goed opgeleide, en swaar gewapende mense die rooftog uitgevoer het.

Enige iemand wat oor inligting beskik kan die maatskappy se blitslyn by 083-408-7029 skakel.