Wes-Kaap gebiede raak gesog

Die ontwikkeling van eiendom in die Wes-Kaap word goed ervaar in die Riversdal gebied waar plase deesdae toenemend in aanvraag is.

Sowat 60 plaas eiendomme is gedurende die afgelope 12 maande van eiendaar verwissel volgens verkoop statistieke in die gebied.

Die stygende pryse, wat wissel van R300,000 vir ’n kleiner eenheid van 3 ha, tot meer as R16,5 miljoen vir 550 ha, is niks onverwags nie, en die verwagting bestaan dat grondpryse nog verder gaan toeneem in die komende jaar.

Die Hessequa-streek, wat Riversdal, Heidelberg, Albertinia en Stilbaai insluit, is bekend vir sy groot gebiede met fynbos..

Die gebied is hoofsaaklik ingestel op landbou en produseer bees, suiwel, skaap, lusern, vrugte, wild en koring.

Talle eiendomme is verkoop aan mense afkomstig uit die binneland, en kopers is van mening dat die gebied nie net uitstekende landbou potensiaal het nie, maar bied ook ’n uitstekende groei op ’n belegging in eiendom.

Kleiner kommersiële plase verhandel tans in die omgewing van sowat R120,000 of R520 per ha.