Weermag, wat is jy?

Helmoed-Römer Heitman, ’n bekende ontleder van militêre aangeleenthede sê dit het tyd geword dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) moet besef dat hulle ’n relatief klein weermag is, wat dringend sal moet besluit watter srt weermag hulle wil wees, veral gemeet aan die feit dat die ekonomiese situasie ’n beduidende invloed uitoefen.

Sy reaksie kom na aanleiding van talle kundiges wat hulle kommer uitgespreek het oor die paraatheid van die Weermag, gesien in die lig van sy ernstige tekortkominge in die Lugmag en ook sy onopgeleide, en onervare soldate, te midde van ’n ernstige begrotingstekort.

Hy sê die Weermag se grootste probleem is waarskynlik hul besluitloosheid oor watter funksies die Weermag moet verrig..

Die onbeantwoorde vrae is of die Weermag slegs ’n mag is vir grensbeheer, of dalk ’n Verdedigingsmag is wat die land moet verdedig teen aanvallers van buite, of moontlik ’n mag wat in Afrika betrokke raak as ’n streeksmag.

Die SA Weermag is hopeloos te klein om alles te wil wees, en sit boonop met ’n begroting wat onbeduidend is om alles te doen wat van ’n Nasionale Weermag verwag kan word.

Dit is bekend dat die gekwalifiseerde vlieëniers van die Lugmag selde in die lug is met vegvliegtuie, en dit is die oorsaak waarom Suid-Afrika sy beste vlieëniers na ander lande verhuis waar hulle hul beroep kan beoefen om geoefen te bly.

’n Voormalige vlieënier van die Lugmag, wat nou in diens van Australiese Weermag is, sê geen vlieënier bly in ’n lugmag waar hy nie sy beroep kan beoefen nie.

Hy sê vlugingenieurs en navigators is keelvol vir die SA Lugdiens en die een na die ander soek elders ’n heenkome.

Dit neem tot vyf jaar om ’n vlieënier behoorlik op te lei, en om die Grippen of die Hawk te vlieg, kan soveel as vier jaar se opleiding verg.

Suid-Afrika het oorlogstuig ten duurste aangeskaf, met korrupsie daaraan gekoppel, en nou staan alles en oproes, het een vlieënier gesê.

Suid-Afrika beskik maar oor 490 personeel wat die Augusta-Westland 190-, die Lynx-helikopters, asook die Grippen- en Hawk-vegvliegtuie moet bedien. Slegs 50 vlieëniers en 18 vlugingenieurs met ’n skrale nege navigators is in diens.

Met so min personeel, het Suid-Afrika nie sulke duur vliegtuie nodig nie, veral as in aanmerking geneem word dat daar nie geld is om die duur toerusting te gebruik en daarmee in oefening te bly nie, het hy gesê.

Luidens ’n Militêre Verdedigings verslag is daar egter geen kommer nie en word die mening oorgedra dat die Lugmag se aanvalsmag gesond is.

Foto – Grippen vliegtuig