Weermag probeer beeld verbeter

Besoekers aan die Randse Paasskou was oorbluf en verbaas dat die Weermag daar teenwoordig was met ’n uitstalling van helikopters, wapens, missiele en selfs bote, in ’n poging om die swak beeld te verbeter.

Om die aandag te trek van skougangers, word daar soggens ’n groot hoeveelheid plofstof geskiet en is talle tenks en swaar toerusting beskikbaar gestel waarop kleuters kon klouter en kon bekyk. Sowat 60 weermag voertuie word vertoon.

Die Skou-organiseerders poog om vanjaar meer as 250,000 besoekers te lok na die uitstalling wat duur tot 28 April.

Waarnemers meen die skou kry meer besoekers as gewoonlik, maar dat dit vanjaar opvallend is dat ondernemings nie veel sake doen nie omdat kliënte blykbaar “net met die oë koop” weens die swak ekonomiese klimaat.