Wat ʼn siek grap!

Ek moet die geagte redaksie van Die Vryburger op die pluimpie klop en hulle ‘n skouer gee vir die uiters suksesvolle Aprilgrap wat gemaak is met die artikel oor grondgrype! Ek moet sê, totdat ek die datum van die berig raakgelees het, het ek behoorlik gestik aan my ontbyt en as dit nie was vir die asemhalingsgaatjie in die “Froot Loops” nie, was een standaard Sweep nou emmer toe, en het hy wraggies die bokveld in die dak gesteek en die lepel geskop.

Die hele konsternasie het begin toe ek die koerant oopvou en uitskud, ‘n ou gewoonte wat my sedert die ontstaan van Die Vryburger al drie nuwe kompers gekos het, en ek lees dat die ANC al 1,2Miljoen Ha grond van blankes  aan insittendes oorgedra het. (met ‘n taxi-ongeluk is daar altyd net insittendes dood)  Daar en dan spuug ek so ‘n straal ontbyt oor my sleutelbord dat die lettertjies hulself moet probeer red deur aan die “Froot Loops” vas te hou.

Dit word erger. Dit het die spierwit Charolet belastingkoei blykbaar al klaar R8 Miljard gekos en hier begin ek poog om my polse met ʼn liniaal te verwoes. Die krant dik toe nog verder aan deur by te voeg dat die proses nog bespoedig gaan word. Toe ek net dink aan hoe die ontvangers van uiters produktiewe plase die oes op die lande laat vrot omdat hulle weier om dit te stroop, omdat hulle staak, omdat niemand hulle wil betaal om te stroop nie, verloor ek beheer oor meeste belangrike spiere in my lyfie en ʼn gelyktydige hoes-hik-en-proes-aanval verdryf enige moontlike oggendbesoekers.

Ek lees verder en sien dat nog 4,3miljoen grond al sedert die 94 flop deur die staat aangekoop is om by wyse van ‘Ienkie Pienkie Ponkie, gee dit vir die donkie’- metode uit te deel aan wie ookal die skraalste moontlikheid op produktiwiteit toon. Net voor twee derdes van my hare ná hierdie inligting tussen my vingers eindig en my toekomstige ontbyte almal “Pro nutro” word omdat “Froot Loops” nie lekker werk op die kaal tandvleise van ‘n man wat sy tande almal oor sy lessenaar uitgekners het nie, besef ek iets. Geen regering sal ná die eerste “Lion King” die tipe breinfloute kry wat hom toelaat om al sy produktiewe landbougrond  aan die spreekwoordelike heïenas oor te gee nie. Wat ʼn grap! Toe sien ek die datum en begin skamerig alles optel wat ek oor die vorige tien minute omgeskop, raakgegooi of deurboor het met ‘n Bic pen, blosend oor ek vir die grap geval het.

Hier waar ek nou sit en skryf oor die hele misverstand voel ek heelwat beter, het ek beheer herwin oor my liggaamsfunksies en besef nou hoe laf ek was om ooit te dink dat enige land se regering die tipe skedelruimte sou beskikbaar hê om al Zuma se vroue te kan huisves…maar noudat ek daaraan dink…hierdie regering het al voorheen verstom met hul kraniale Kalahari….

…my geagte Redakteur…sê asseblief vir my dit was ʼn grappie…!!

Tot volgende polsslag (as daar een is)

Die Sweep