Waarom hulle nie stem nie

In ’n onafhanklike opname wat gemaak is onder sowat 4,000 kiesers, hoofsaaklik anderskleuriges regoor die land, het verstommende gegewens na vore gebring oor waarom mense weier om te gaan stem.

Die redes wat aangevoer word kan in ’n paar sinne opgesom word, maar die hooftema is dat mense ontevrede is omdat niks gaan verander nie.

                      Ons is 20 jaar op ’n waglys vir ’n HOP-huis, en dit bly net by leë beloftes.

                      Daar is mense wat in die regering sit met baie geld en dan steel hulle nog wat vir die armes gegee kon word

                      Om vir die ANC te stem is om vir korrupsie te stem, en die ander partye kry nie genoeg steun om ’n verandering te bring nie

                      Geen mens stamp sy kop aanhoudend teen dieselfde politieke party en kry niks daarvoor behalwe die kopskoot nie.

                      Om te gaan stem is om legitimiteit te gee aan ’n onwettige stelsel en regering.

                      Dit is tydmors om in ’n ry te gaan staan en wag om te stem terwyl jy nie eers ’n werk kry nie.

                      Die ANC en sy Cosatu-alliansie sal weer regeer, wat beteken die geweld en korrupsie sal voortgaan in die land.

                      Ons is moeg om van beloftes te lewe, terwyl skoon water ons nie eers gegun word nie.

                      Ons kla oor lone dan skiet die polisie ons dood

                      Die leiers ry in duur motors en ons het nie eers kos nie, en kry nie werk nie.

 

Dit is glo die mening van talle anderskleuriges wat voorheen gestem het, maar weier om weer die stemlokale te besoek.