Vrystaters presteer

Nie minder as vyf jong skoliere in die Vrystaat, het vanjaar daarin geslaag om gekies te word vir die SA Skole se tennisspan.

Wat dit nog meer merkwaardig maak, is dat almal afkomstig is van Bloemfontein, waarvan twee dogters van Oranje Meisieskool is en drie seuns van Grey Kollege.

Van links na regs is Carmen Fichardt (Oranje, o.13), Linge Steenkamp (Oranje, o.13), Jan-Paul Berry (Grey, o.19), Philip Henning (Grey, o.15) en Joubert Klopper (Grey, o.13).