Vrystaatse boere moenie vrees nie

Boere van die Vrystaat het ongegronde vrese dat hulle grond hulle ontneem gaan word, want dit gaan nooit plaasvind nie, sê die Vrystaatse LUR vir Landbou, Mamiki Qabathe.

Qabathe moes lelik bontstaan op die Vrystaat Landbou (VL) se vergadering by Bultfontein toe hy deur boere, wit en swart, gelooi is oor die 50% weggee-stelsel wat nou gepropageer word.

Sy sê die regering gaan met verantwoordelikheid optree, en daar is nie so iets dat die regering gaan inspring en plase links en regs afvat by boere nie.

“Nooit, nooit ooit sal dit gebeur nie,” het sy gesê.

Sy het gesê die regering is wel bekommerd oor die ongebruikte grond en die hoë grondpryse wat kunsmatig verhoog word sodra die staat dit wil koop.

Die president van Vrystaat Landbou (VL), Dan Kriek, het glo vir die LUR gesê die Departement se plan sal nie, en kan nie slaag nie.

Hy sê die hele transformasie-gedagte in die landbou is tot mislukking gedoem.

Die boere het haar versekering dat plase nie gevat gaan word nie, met ’n knippie sout geneem, en gesê alhoewel hulle die LUR op haar woord neem, weet hulle dat die regering nie te vertrou is met die grond-gryp program nie.

’n Woordvoerder van VL sê hy glo die Departement se plan is hoegenaamd nie op ekonomiese of enige ander grondslag haalbaar nie.

Foto – Mamiki Qabathe.