Vrystaat eersdaags onder Sanral-beheer

Gerugte doen die rondte dat Sanral sy vlerke nog wyer gaan span, en soveel as 1,500 km paaie van die Vrystaat onder sy beheer gaan plaas, wat na verwagting die vermeerdering van e-tol paaie kan verhoog in die provinsie.

Die beplanning is blykbaar in ’n gevorderde stadium, maar word belemmer oor die swak finansiële toestand waarin Sanral hulle tans bevind, en die gevolglike gesukkel om befondsing daarvoor te bekom.

Gesprekke word tan gevoer tussen Sanral en die provinsiale owerheid van die Vrystaat, en onderhandelings is reeds aan die gang.

Die eerste hoofweg wat glo “oorgeneem” gaan word deur Sanral, is die R74, maar wil die geïntegreerde padnetwerk uiteindelik oorneem.

Sanral het in die afgelope aantal jare duisende kilometers in provinsies oorgeneem, waarvan 1,600 km in Noord-Transvaal is, 2,300 km in Oos-Kaap, en 1,000 km in Wes-Transvaal.