Vrou skiet inbreker, haar man

Karen Fouche, ’n apteker van Ficksburg in die Oos-Vrystaat, het haar man aangesien vir ’n inbreker, en hom verskeie skote geskiet, om daarna te besef sy het haar man byna doodgeskiet het, maar wel ernstig gewond het.

Frik en Karen woon op hulle plaas in die distrik waar sy hom verlede Saterdag in die middernagtelike ure in hul huis op die plaas, Waterval geskiet het.

Sy is in die landdroshof op borgtog van R1,000 vrygelaat en haar man word tans in die Mediclinic Hoogland in Bethlehem behandel.

’n Polisiewoordvoerder sê Frik het laat by die huis aangekom, en kon nie sy sleutels kry nie en het toe die veiligheidsdeur met ’n blaasvlam oopgesny, wat Karen laat wakker word het en toe die “inbreker” met die .38 handwapen geskiet het.