Vrou in hospitaal na mesaanval

Mev. Bettie Botha van East Lynne, Pretoria, is in die hospitaal opgeneem, na drie swart moordenaars haar drie keer met ‘n mes gesteek het.

Sy het haar man Jaco geskakel om te sê drie swartes het by hul huis ingekom, en voor sy enige iets verder kon sê, het die foon stil geword.

Hy het die polisie geskakel en gevra hulle moet gaan help, terwyl hy self ook inderhaas na die huis is, waar hy sy vrou op die kombuisvloer gekry het.

Haar selfoon was langs haar op die vloer, en sy het in bloed gelê weens die drie meswonde.

’n Ambulansdiens het haar op die toneel gestabiliseer waarna sy na ’n hospitaal geneem is.

Geen artikels is gesteel nie, en die drie swartes is steeds op vrye voet.

’n Polisiewoordvoerder sê mev. Botha was gelukkig om nog ’n oproep na haar man te kon maak, want die swartes het haar vir dood agter gelaat.